Senior polisie-offissiere, sakeman verskyn in hof

Lees ook :

Foto: NVG

GAUTENG. – Twee senior polisie-offisiere het vandag in die Kempton Park-landdroshof verskyn. Genl.maj. Feroz Khan van die polisie se Eenheid vir Misdaadintelligensie, en genl.maj. Ebrahim Ahmed Kadwa, Gauteng se provinsiale Valke-hoof, staan saam met Tariq Downes,’n sakeman, tereg op aanklagte wat verband hou met edelmetale en regsverydeling.

Kaizer Kganyago, NVG-woordvoerder, sê die saak het sy oorsprong in ‘n voorval by OR Tambo Internasionale Lughawe in Mei 2021, toe Downes na bewering met byna 76 gram onverwerkte goud ter waarde van meer as R62 000 aangehou is. Hy het glo probeer verduidelik dat dit ‘n koperstaaf was en dat hy as ‘n geheime agent opgetree het. Ondersoekers kon egter geen bewys van so ‘n gemagtigde operasie vind nie. Daar word ook beweer dat Khan en Kadwa beamptes aangesê het om Downes sonder die nodige dokumentasie vry te laat.

Die drie beskuldigdes is elk op borgtog van R20 000 vrygelaat en die saak is tot 14 Julie uitgestel. Die NVG het beklemtoon dat niemand, ongeag rang of status, bo die reg verhewe is nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief