Sersant op klag van korrupsie in hegtenis geneem

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Sersant (39), verbonde aan Parkroad-polisie, wat polisieklarings gedoen het, is op aanklag van korrupsie in hegtenis geneem.

Sers. Mahlomola Kareli sê ‘n persoon wat sedert 2023 besig was om ‘n kriminele rekord van sy naam te laat verwyder, het dit bevraagteken toe hy na betaling nie ‘n kwitansie ontvang het nie.

Die slagoffer het eers R80 en toe R170 betaal, waarvoor hy wel kwitansies ontvang het. Hy is deur die sersant gebel en glo gesê indien hy nog ‘n bedrag betaal, die proses bespoedig sou word. Die bedrag is betaal, maar geen kwitansie is gegee nie.

Kareli sê die slagoffer het navraag by die polisiekantoor gedoen, waarop die betrokke sersant hom meegedeel het om nog geld te betaal. Die slagoffer het die betalings bevraagteken, waarna die saak deur die teen-korrupsie-eenheid hanteer en die sersant vir korrupsie in hegtenis geneem is.

Hy sal vandag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

Die publiek word gemaan om seker te maak van kwitansies met duidelike en korrekte inligting wanneer betalings by ‘n finansiële kantoor gemaak word.

Enigiemand in die Vrystaat wat nog slagoffers van korrupsie was, word versoek om AO Kobus Palm by 083 443 7837 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief