Brekende Nuus
Afrikaans

Ses beseer toe voertuig van brug val

Ses insittendes is beseer toe 'n voertuig van 'n brug geval het.

Ses beseer toe voertuig van brug val
Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – Ses persone het Saterdag in die vroeë oggendure beserings opgedoen toe die voertuig waarmee hulle gery het van ‘n brug in Buffelsdraai geval het.

Reaction Unit South Africa sê met aankoms op die toneel om 03:54 het ‘n Hyundai Getz gedeeltelik in ‘n rivier op sy dak gelê. Ses insittendes, wat ligte tot matige beserings opgedoen het, was langs die voertuig.

Na wat beweer word, het die bestuurder van die voertuig glo met ‘n skerp draai misgis, waarna die voertuig van die brug geval, gerol en gedeeltelik op sy dak in die rivier beland het.

Die beseerdes is deur paramedici behandel.

Bron: Reaction Unit South Africa