OEKRAÏNE. – Volgens die Oekraïense Nasionale Wag het ses soldate omgekom en meer as 10 is by ’n oefenkamp gewond tydens ’n Russiese lugaanval.
Lees ook: Wladimir Poetin stem in tot vredesamesprekings met Oekraïne, sonder ‘sperdatums’
Die Wag het gesê die aanval is by ’n kamp in Sumy uitgevoer terwyl soldate besig was om op die skietbaan te oefen. ’n Interne ondersoek is onderweg, ná die bevelvoerder van die militêre eenheid reeds geskors is.
Die Russiese verdedigingsministerie het bevestig daar was ’n aanval op ’n oefenkamp in Oekraïne wat glo tot 70 Oekraïense soldate doodgemaak het. Die getal is nie bevestig nie.
Bronne: BBC, KyivPost, The Moscow Times
Lees ook: Wladimir Poetin stem in tot vredesamesprekings met Oekraïne, sonder ‘sperdatums’





