LIMPOPO. – Ses persone, wat kinders insluit, het gesterf toe twee voertuie mekaar reg van voor op die R510 langs die Zanzukplaas in die Lephalale-gebied (Ellisras) getref het.
Dali Tshifhiwa, woordvoerder vir die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid in die provinsie, sê die ses oorledenes was in een motor, terwyl nog twee persone in die ander voertuig ernstig beseer is. Die beseerdes is na Lephalale- provinsiale hospitaal vervoer.
‘n Polisie-ondersoek sal die oorsaak van die ongeluk bepaal.
Tshifhiwa sê die LUR vir die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid, Violet Mathye, is ontsteld oor die ongeluk en het medelye teenoor die afgestorwenes se families uitgespreek en die beseerdes spoedige beterskap toegewens.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





