EGIPTE. – Ses toeriste, insluitend twee kinders, is dood na ’n toeriste-duikvaartuig in die Egiptiese Rooi See gesink het. Die duikvaartuig het gister (Donderdag) met 45 toeriste en 5 bemanningslede naby Hurghada gesink.
Lees ook: Sowat 26 mense dood in Suid-Koreaanse veldbrande
Owerhede het gesê die toeriste wat omgekom het, was almal Russe.
Die res van die insittendes van die tuig is gered en niemand is as vermis aangemeld nie.
Dit is onbekend hoekom die vaartuig gesink het.
Bronne: The Independent, Business Insider Africa, BBC
Lees ook: Sowat 26 mense dood in Suid-Koreaanse veldbrande
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





