Lees ook: Maatskappydirekteur in hegtenis vir beweerde bedrog
VRYSTAAT. – Ses verdagtes is by die Beatrix-mynskag 4 in hegtenis geneem. Drie mans was by die eerste put besig met onwettige mynery. Gouddraende materiaal wat 12.08 kilogram weeg, is gekonfiskeer en die mans is in hegtenis geneem.
Die ander drie verdagtes is by nog ’n put gekry waar hulle besig was met onwettige mynery. Beslag is gelê op gouddraende materiaal van12.36 kg en hulle is ook in hegtenis geneem.
Die verdagtes word aangekla van die besit van gouddraende materiaal, die oortreding van die Immigrasiewet en die besit van toerusting om goud te prosesseer.
Bronne: SAPD
Lees ook: Maatskappydirekteur in hegtenis vir beweerde bedrog





