Seun (11) stap sowat 8 uur aan 35 km toe hy busrit ontsê word

Lees ook :

Foto: Xolelwa Siba Mbasana

WES-KAAP. – Lifalethu Mbasana (11) moes Maandag, toe hy nie sy buskaartjie kon kry nie, hoor hy word nie op ‘n Golden Arrow-bus toegelaat nie. Hy moes noodgedwonge 35 km huis toe stap.

Siba Mbasana, ma van Lifalethu, ‘n gr. 6-leerder aan Simons Town Primary School, het by ‘n foto van hom op sosiale media gesê: “This is my son I will send a more close picture. He is 11 years old doing Grade 6 in Simons Town primary school. He was supposed to take a bus from Simons Town to Makhaza at 14:30 but was kicked out of the bus because he lost his bus ticket last. He is still not home.”

Die seun neem elke dag die bus saam met twee van sy sibbe huis toe. Maandag kon hy nie sy kaartjie kry nie en hy is die busrit ontsê. Die busdiens het gesê hulle beleid is om leerders in so ‘n geval wel by te staan.

Lifalethu was in ‘n skoolsweetpak geklee. Simonstad-polisie was reeds op soek na die seun toe sy ma die sosialemediaplasing gemaak het. Ma en Pa was steeds by hulle onderskeie werke toe hulle moes hoor Lifalethu het nie by die huis aangekom nie. Die dapper seun het wel vanaf Simonstad bly stap om by die huis uit te kom. ‘n Weldoener het hom tot by Harare in Khayelitsha geneem. Die seun is later deur wetstoepassers herken, waarna hy ongeveer 22:00 by die huis aangekom het.

Sy ouers het die ergste verwag, maar gaan nie stappe teen die busdiens neem nie, alhoewel hulle verwag dat die bestuurder afgedank word.

Bronne: Simons Town Primary School Facebook-blad, Heart FM News, Cape Town etc., Voice of the Cape Radio – VOC

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief