INTERNASIONAAL. – ‘n Seun (15) is aangekla van die moord op ‘n 9-jarige meisie, Aria Thorpe, wat twee gelede haar negende verjaardag gevier het.
Lees ook: Makate weer in hof ná regsbefondser 40% van Vodacom-skikking probeer eis
Thorpe is Maandagaand met ‘n enkele steekwond in haar huis in Lime Close, Weston-super-Mare in die VK gekry. Sy is op die toneel dood verklaar.
Nadat die polisie na Thorpe se huis ontbied is, het dit net sewe minute geneem voordat die tiener in hegtenis geneem is. Hy sal na verwagting vandag in die Bristol-landdroshof verskyn.
Bronne: BBC, Metro, The Sun
Lees ook: Makate weer in hof ná regsbefondser 40% van Vodacom-skikking probeer eis





