Seun (16) in hegtenis vir besit van vuurwapen en ammunisie

Lees ook :

Seun (16) in hegtenis vir besit van vuurwapen en ammunisie
Seun (16) in hegtenis vir besit van vuurwapen en ammunisie fotokrediet: Canva

Lees ook: Buitelander in hegtenis wat presidensiële inhuldiging probeer bywoon

MOPANI-DISTRIK. – ’n Seun (16) is in die Mopani-distrik in hegtenis geneem vir besit van moontlik gesteelde eiendom en ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Die polisie het inligting ontvang oor die seun wat in die straat loop. Hulle het hom in sy huis by sy ma gekry. Die seun het eers ontken hy het ’n vuurwapen en ammunisie, maar dit is gevind toe die polisie die huis deursoek het.

Daar is ook bewyse vir selfoonlugtyd en sewe selfone in die huis gevind.

Die seun kon nie verduidelik waar hy die items gekry het nie en hy is in hegtenis geneem. Hy is later in sy ma se sorg vrygelaat en sal later in die hof verskyn.

Die polisie ondersoek nog die voorval.

Bronne: SAPD

Lees ook: Buitelander in hegtenis wat presidensiële inhuldiging probeer bywoon

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief