KWAZULU-NATAL. – ‘n Vierjarige seun het Vrydagoggend per ongeluk ‘n brand in ‘n slaapkamer by sy huis in Parkgate veroorsaak.
Reaction Unit South Africa sê ‘n oproep vir hulp is ongeveer 08:42 ontvang toe rook by ‘n een van die huis se slaapkamers opgemerk is. Die brand was egter reeds met aankoms deur die huiseienaar geblus.
Na bewering het die seun in die slaapkamer met vuurhoutjies gespeel en per ongeluk die bed aan die brand gesteek. Die gesin kon daarin slaag om die brand, wat vinnig versprei het, te blus.
Niemand is tydens die brand beseer nie.
Bron: Reaction Unit South Africa
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: