OEKRAÏNE. – Russiese oornagaanvalle het verskeie mense sonder elektrisiteit en watertoevoer in dele van Kijif, Oekraïne gelaat. 12 mense is in Kijif beseer nadat ‘n 17-verdieping residensiële gebou deur vuurpyle getref is.
Lees ook: Vyf beseer in Russiese aanval op Odessa, Oekraïne
‘n Seun (7) is in ‘n aparte Russiese hommeltuigaanval op Zaporizhzhia oorlede.
Oekraïne het weerwraak vir die oornagaanvalle gesweer en die hoof van Wolodomir Zelenski se kantoor het gesê: “Russiese infrastruktuur sal vernietig word”. Hy het bygevoeg: “Rusland moet verstaan dat aanvalle op ons infrastruktuur ‘n reaksie sal kry”.
Oekraïne het beweer Rusland teiken die energie-infrastruktuur om die land te ontneem van elektrisiteit, warm water en verhitting in die winter.
Bronne: BBC, Metro, The Independent





