BLOEMFONTEIN, VRYSTAAT. – ’n Gr. 11-leerder aan Grey-kollege in Bloemfontein is kritiek nadat hy na bewering Sondag van Loch Logan Waterfront-winkelsentrum se dak gespring het.
Volgens die SAPD het die voorval kort voor 15:00 Sondagmiddag plaasgevind. Lt. kol. Thabo Covane, Vrystaatse polisiewoordvoerder, sê die seun het veelvuldige beserings opgedoen en is tans in ’n kritieke toestand in die Pelonomi-hospitaal.
OFM-nuus berig die seun was volgens die winkelsentrum se kringtelevisiestelsel alleen toe hy glo van die dak gespring het.
Bronne: SAPD, OFM





