Seun na veiligheid katrol, ander jong man sterf

Lees ook :

Foto: NSRI

OOS-KAAP. – ‘n Seun (13) is Donderdag deur ‘n visserman na veiligheid gekatrol nadat hy in ‘n seestroom in die Kabeljousriviermond meegesleur is. ‘n 19-jarige is egter dood verklaar.

Die NSRI sê die Jeffreysbaai-diensbemanning is omstreeks 10:00 vir ‘n verdrinking ontbied. Reddingstuigswemmers en ‘n voertuig is geaktiveer. Relay-nooddienste en Kouga-wetstoepassing het ook reageer.

Met aankoms by die toneel is ‘n 13-jarige met hipotermie en nie-dodelike verdrinkingsimptome aangetref. Nooddienste het na hom omgesien en na ‘n hospitaal geneem. ‘n Visserman het sy vislyn na die tiener gegooi, waarna die tiener die vislyn aan sy gewrig vasgemaak en uitgekatrol is.

‘n 19-jarige plaaslike jong man was egter vermis en nadat hy opgespoor is, dood verklaar. Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen.

Die NSRI sê dit blyk drie tieners het in die vlak water geswem toe hulle deur ‘n stroom die see in meegesleur is. Ooggetuies het hulp ontbied. Een van die tieners het daarin geslaag om self uit die see te kom.

Die visserman is vir die redding van die tienerseun geprys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief