Seun verdrink in riool by konstruksieterrein

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – ‘n Seun (11) het Saterdag omstreeks 15:30 by ‘n konstruksieterrein in die K5-afdeling van Kutlwanong, Odendaalsrus verdrink. Die Odendaalsrus-polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen.

Sers. Palesa Thabana, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die polisie is na die toneel ontbied waar hulle ingelig is dat drie seuns tussen 10 en 11 glo in ’n uitgrawing gevul met afvalwater geswem het en in die modder vasgeval het. Twee van die seuns, beide 10 jaar oud, het daarin geslaag om uit te kom, maar die 11-jarige het in die modder vasgeval en verdrink.

Die Welkom-duikeenheid onder bevel van sers. Arno Cronje is na die toneel ontbied. Lede van die eenheid, saam met die Matjhabeng-brandweerdiens, het die liggaam van die seun omstreeks 20:20 die aand uit die rioolput gehaal. Die seun is op die toneel deur nooddienste dood verklaar. Sy naasbestaandes het hom intussen geïdentifiseer.

Thabana sê owerhede doen ’n beroep op ouers om hul kinders in te lig oor waterveiligheid en die gevare van swem in besoedelde water.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief