Seun vermoor, verdagte in hospitaal na gemeenskap hom beetkry

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Woedende lede van die gemeenskap het ‘n man (64) aangerand na hy na bewering Dinsdag ‘n seun (5) doodgemaak het. Hy is gearresteer en is tans onder polisiebewaking in ‘n hospitaal.

Sers. Maholomola Kareli sê die polisie is omstreeks 18:30 van ‘n moord ingelig. Met aankoms op die toneel is ‘n groep mense aangetref. Die liggaam van die jong seun, met ‘n steekwond in sy nek, is in die erf aangetref. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die verdagte is deur die groep mense aangerand. Hy is met verskeie wonde en kneusplekke op ‘n aanklag van moord gearresteer en na ‘n hospitaal geneem.

Voorlopige ondersoek dui aan die man is kort voordat die kind vir sy tannie in die huis geskree en inmekaargesak het, saam met hom gesien. ‘n Bebloede mes is in die verdagte se huis ontdek.

Die omstandighede van die moord word ondersoek. Die verdagte bly in polisiebewaking en sal na verwagting in die Selosesha-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief