Seun vir bejaarde ma se moord aangekla

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Man (43) is gearresteer, omdat hy glo by die moord op sy bejaarde ma (73) in ‘n huis in die Zwide-woonbuurt in Hofmeyr betrokke was.

Kapt. Namhla Mdleleni sê die polisie is Sondagoggend omstreeks 10:00 na ‘n moordklag ontbied. Op die misdaadtoneel is Nolungephi Stuurman leweloos aangetref. Speurders het leidrade opgevolg en die oorledene se seun Maandag in hegtenis geneem.

Die verdagte sal vandag op aanklag van moord in die Hofmeyr-landdroshof verskyn.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief