Seuns se liggame in riooldam gevind

Lees ook :

Foto's: Ronel Brandt en Isaac Cloete Facebook-bladsye

NOORD-KAAP. – Twee seuns, Eldré Fortuin en Dylan Britz (beide 7), se liggame is Sondag op Steinkopf in ‘n riooldam gevind.

Volgens lt.kol. Sergio Kock het die twee jong seuns Saterdag omstreeks 14:00 hulle huise verlaat waarna hulle die aand om 23:30 deur hulle ouers as vermis aangemeld is.

Tydens ‘n soektog wat Sondag geloods is, het die polisie die seuns se klere langs ‘n riooldam opgemerk. Hulle liggame is daarna in die dam gevind.

‘n Geregtelike doodsondersoek is geregistreer.

Enigiemand met inligting word versoek om die speurtak van Steinkopf by 082 495 5239 te bel.

Kock herinner daaraan ‘n wagperiode word nie vereis voordat ‘n persoon as vermis aangemeld kan word nie.

“We also urge parents to ensure they know the whereabouts of their children at all times.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief