Seuns se opvoeding kan help om geslagsgeweld te verminder

Lees ook :

Foto ter illustrasie: Canva

President Cyril Ramaphosa het Saterdag die 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders geopen. Vanjaar se veldtog fokus op die bemagtiging en waardevaslegging by jong seuns.

Die gemiddelde aantal vroue en kinders wat aan die hand van mans in SA sterf, is na skatting vyf keer die globale gemiddeld.

Mnr. John Jeffery, adjunkminister van justisie en konstitusionele ontwikkeling, het Woensdag tydens die Nasionale Vergadering gesê dat die hoë vlakke van geslagsgebaseerde en seksuele geweld gemeenskappe uitmekaar skeur.

Volgens hom is geslagsgebaseerde geweld (GGG) ’n manlike probleem. Dit word deur mans gepleeg wat ’n weergawe van patriargie en manlikheid omhels wat vroue en kinders skade berokken. Hy stel voor dat mans en seuns geleer word om hierdie dominante perspektiewe van jongs af te herdink.

Mnr. Frederik Mulder van die Vryheidsfront Plus sê dat dit nie genoeg is om individuele dade van GGG aan te spreek nie. Daar moet gekyk word na die totale sistematiese handeling. Verder waarsku hy dat mans bewus moet wees van die invloedryke rol wat hulle in die samelewing speel. Dus moet hulle hul optrede teenoor die voorkoming van GGG aanpas.

Dr. Ntombifikile Mtshali, voorsitter van die Shout it out – organisasie, sluit hierby aan deur te sê dat die gedrag waaraan seuns blootgestel word, en die gesprekke wat ons met hulle voer, hulle manier van dink kan verander en hulle optrede kan beïnvloed.

Lees die volledige persverklaring hier:

https://www.parliament.gov.za/news/national-assembly-debates-16-days-activism-against-gender-based-violence

Bronne: IOL, Parelement van Suid-Afrika

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief