Sewe mense dood na lugambulans in woonbuurt val

Lees ook :

Sewe mense dood na lugambulans in woonbuurt val fotokrediet: Skermgreep X

Lees ook: Vlugopnemer gevind na American Airlines-vliegtuig en Black Hawk-helikopter bots

PHILADELPHIA, VSA. – Sewe mense is dood en minstens 19 mense is gewond na ’n lugambulans Vrydagaand kort na opstyging in ’n woonbuurt geval het. Vyf mense ontvang steeds behandeling in ‘n hospitaal na die ongeluk.

Die ses mense op die vlug was ’n meisie en haar ma wat op pad was terug na Mexico ná die kind mediese behandeling in Philadelphia ontvang het, ’n dokter, paramedikus en twee vlieëniers.

Al ses passasiers was van Mexico. Die sewende oorledene was op die grond. Sowat ses huise het na die ongeluk aan die brand geraak.

Beamptes het bevestig dat die vlugopnemer reeds gevind is en ondersoeke na die oorsaak van die ongeluk is aan die gang.

Bronne: CNN, The Independent, Washington Times

Lees ook: Vlugopnemer gevind na American Airlines-vliegtuig en Black Hawk-helikopter bots

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief