Vlugopnemer gevind na American Airlines-vliegtuig en Black Hawk-helikopter bots

Lees ook :

Vlugopnemer gevind na American Airlines-vliegtuig en Black Hawk-helikopter bots fotokrediet: X

Lees ook: Kyk: Vliegtuig en helikopter bots

WASHINGTON, VSA. – Die vlugopnemer van die American Airlines-vliegtuig wat met ‘n Black Hawk- militêre helikopter gebots het, is gevind.

Die vlugopnemer bevat die opname van die vlieëniers se gesprekke en al die vlugdata.

Daar was geen oorlewendes onder die 60 passassiers en die vier bemanningslede op die vliegtuig en die drie mense in die helikopter nie. 28 liggame is tot dusver gevind ná die vliegtuig en helikopter in die Potomac-rivier geval het na die botsing.

Die rede vir die botsing is nog onbekend. Die vliegtuig was op pad om te land by die Ronald Reagan Washington Nasionale Lughawe toe dit met die helikopter gebots het.

Die helikopter is net voor die botsing deur lugverkeerbeheerders in kennis gestel van die vliegtuig en is beveel om agter die vliegtuig verby te gaan.

Bronne: Evening Standard, BBC, CNN

Lees ook: Kyk: Vliegtuig en helikopter bots

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief