Sewe moordverdagtes wat gereg probeer vermy, in Vrystaat vasgetrek

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Sewe moordverdagtes, tussen die ouderdom van 26 en 30 jaar, is Woensdag deur Roodepan-speurders op ‘n plaas naby Soutpan in die Vrystaat aangekeer.

Sers. Timothy Sam sê die verdagtes is reeds in Augustus 2022 op borg vrygelaat. Hulle het sedertdien nie by die hof opgedaag nie en die gereg probeer vermy. ‘n Lasbrief vir hulle inhegtenisneming is deur die hof uitgereik.

Volgens Sam is die sewe verdagtes aanvanklik vir die moord op ‘n man (34) op ‘n plaas naby Roodepan in hegtenis geneem, waarna borg aan hulle toegestaan is.

Die verdagtes sal vandag in die Kimberley-landdroshof verskyn.

Lt.genl. Koliswa Otola het die span onder leiding van sers. Philladelphia Snyders vir die aankeer van die verdagtes geprys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief