Sewe polisielede op aanklag van korrupsie van meer as R70 000 in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Drie polisielede en ‘n burgerlike is Sondag op aanklagte van korrupsie deur die Valke gearresteer. Vanoggend het nog vier polisielede hulleself oorhandig.

Lt.kol. Simphiwe Mhlongo sê die klaer was besig in sy winkel toe vier verdagtes binnegekom en een homself as ‘n polisielid voorgestel het en gesê het sy kollegas is van Pretoria. Hulle het die winkel deursoek en beweerde onwettige sigarette gekonfiskeer. Die verdagtes het die klaer se vuurwapen geëis en met hom na die Phoenix-polisiestasie gery, waar R100 000 in ruil vir sy vrylatig en om sy eiendom aan hom terug te besorg, gevra is. Die klaer het sy vrou gebel en sy kon daarin slaag om R79 500 bymekaar te kry. Die Valke is in kennis gestel, waarna ‘n ontmoetingspunt gereël is. Nadat die geld van hande verruil het, is die verdagtes gearresteer.

Mhlongo sê nog vier polisielede het hulleself vanoggend aan die Valke oorhandig en hulle is ook vir korrupsie aangekla.

Al agt die verdagtes het vandag in die Durban-landdroshof verskyn.

Die ondersoek duur voort en meer inhegtenisnemings word verwag.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief