Die bekende aktrise Shaleen Surtie-Richards sou vandag verjaar het. Sy sou 69 jaar oud gewees het.
Surtie-Richards is op 7 Junie 2021 in Kaapstad oorlede. Haar dood was volgens berigte ’n kombinasie van gesondheidsfaktore.
Sy was veral bekend en geliefd vir haar rol as Ester (Nenna) Willemse in die sepie Egoli: Plek van goud. In 2020 het die Suid-Afrikaanse Legendesmuseum haar as ’n legende gehuldig deur ’n bronsbeeld van haar te laat maak.
Surtie-Richards is op die ouderdom van 66 oorlede.
Bronne: South African History Online, Daily Maverick





