Sharks groet Werner Kok aan einde van seisoen

Lees ook :

Sharks groet Werner Kok aan einde van seisoen. Foto: BBC

Die voormalige Blitsbok en Sharks-vleuel, Werner Kok (31) gaan aan die einde van die jaar by die Ulsters in Ierland aansluit. Hulle het ’n tweejaar-kontrak met hom gesluit.

Hy speel sedert 2019 vir die Sharks. Kok het altesaam 55 wedstryde vir hulle gespeel en 14 drieë gedruk.  

Volgens Kok is hy opgewonde om deel van die Ulsters te word. Hy en sy vrou gaan na Belfast verhuis.

Die Ulsters en die Sharks gaan op 23 Maart teen mekaar in Durban te staan kom.

Kok is die derde speler saam met Rohan Janse van Rensburg en Le Roux Roets wat die afgelope ruk aangekondig het hulle gaan die Sharks verlaat.

Bronne: Supersport, SA Rugby Magazine

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief