KWAZULU-NATAL. – ’n Shawarma-winkel in die sentrale sakegebied van oThongathi is Donderdag deur die stad se omgewingsgesondheidspraktisyn van die noord 6-kantoor gesluit, toe ernstige oortredings van voedselveiligheidsregulasies tydens ‘n roetine-inspeksie geïdentifiseer is.
Die EThekwini-munisipaliteit sê in ‘n plasing swak huishouding, onhigiëniese toestande, strukturele skade en gebreekte toerusting sowel as onvanpaste hantering van voedsel is met die inspeksie aangetref.
“Ingevolge Regulasie 638 van die Wet op Voedings-, Skoonheids- en Ontsmettingsmiddels is beveel die winkel moet onmiddellik sluit,” het die munisipaliteit gesê. “Dit sal gesluit bly totdat alle probleme opgelos is en die perseel aan gesondheids- en veiligheidstandaarde voldoen.”
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com