Sikloon Olga aan weskus van Australië bereik kategorie 4-status

Lees ook :

Sikloon Olga aan weskus van Australië bereik kategorie 4-status. Foto's: Raizner Slania en Hypothetical Hurricanes

AUSTRALIË. – Sikloon Olga wat op 4 April as ’n intense laagdruk in die Savu-see ontwikkel het, het Sondag amptelik kategorie 4-status bereik. Winde van meer as 220 km/h is oor die Indiese Oseaan aangeteken.

Olga het vanuit die noorde in die Indiese Oeaan na die weskus van Australië beweeg. Die storm is egter steeds oor die oseaan en sal nie die land bereik nie. Volgens voorspellings hou die sikloon geen direkte gevaar vir die kusgebiede in nie.

Die sikloon sal teen Maandagaand verder suidwes en weg van die kusgebied af beweeg.

’n Orkaan met ’n soortgelyke naam het in Oktober 2019 oor die Verenigde State beweeg.

Die volgende beeldmateriaal is op sosiale media gedeel:

Bronne: Storm Science, Zoom Earth, Twitter, YouTube

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief