Siya Kolisi sterk goed aan na handoperasie

Lees ook :

Siya Kolisi sterk goed aan na handoperasie. Foto: Planet Rugby

Die Springbokkaptein, Siya Kolisi, se handoperasie blyk ’n sukses te wees. Kolisi het Dinsdagaand in ’n Instagram-plasing gesê hy sal binnekort weer in aksie wees.

Kolisi het ’n operasie aan sy regterhand in ’n Franse hospitaal ondergaan nadat hy verlede naweek teen Bordeaux ’n besering opgedoen het. Hy het egter die volle 80 minute van die wedstryd gespeel.

Dit is Kolisi se tweede operasie in minder as 12 maande. Sy vorige operasie was kort voor die 2023-Wêreldbekerrugbytoernooi.

Bronne: Siya Kolisi Instagram-blad, Rugby Pass, BokSquad, IOL

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief