Skedel en beendere in bosse ontdek

Lees ook :

Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Skedel en beendere, wat vermoedelik dié van ‘n persoon is wat selfdood gepleeg het, is Dinsdagoggend in bosse langs Pinewoodweg in Ottawa ontdek.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê reaksiebeamptes is omstreeks 10:30 na die toneel ontbied nadat werknemers van Project 360 hulp versoek het. Volgens hulle het ‘n lid van die publiek ‘n veiligheidsbeampte by ‘n nabygeleë perseel ingelig van die oorskot waarop hy afgekom het.

Die man het glo langs die spoorlyn gestap toe hy ‘n menslike skedel teen ‘n wal opgemerk het. Met verdere ondersoek het hy ‘n tou vasgebind aan ‘n boom gesien, terwyl ‘n broodkrat onder die boom op sy sy gelê het. Die skedel is langs die krat aangetref en beendere was oor die omliggende gebied versprei. Van die bene was gedeeltelik met blare en sand bedek, wat daarop dui dat die oorskot reeds vir ‘n geruime tyd daar gelê het.

Rusa sê die polisie ondersoek die omstandighede van die voorval en probeer die identiteit van die oorledene vasstel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief