Lees ook: Iran se president dood in helikopterongeluk
LIMPOPO. – Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord na ’n skietery by ’n politieke saamtrek in Juju Valley.
Twee mense, onder wie ‘n 9-jarige kind, is raakgeskiet toe geweld tussen twee politieke partye uitgebreek het. Verskeie mense is ook beseer toe partylede mekaar met klippe gegooi het.
Die polisie het gesê nog sake sal moontlik geopen word soos die ondersoek aangaan.
Bronne: SAPD





