KWAZULU-NATAL. – ‘n Man is dood ná ’n skietery Sondagmiddag omstreeks 13:30 in Crescentstraat, naby East Street-park in die Overport-gebied van Durban. Rapportering dat ‘n tweede persoon gesterf het, is onbevestig.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê met aankoms op die toneel was die polisie, metropolisie en veiligheidsdienste reeds teenwoordig. Paramedici het ’n man, vermoedelik in sy dertigs, met verskeie skietwonde aangetref en hy is op die toneel dood verklaar. ’n Tweede slagoffer, wat ook geskiet is, is na ’n hospitaal geneem, waar hy later aan sy beserings beswyk het. Jamieson sê die tweede sterfgeval is onbevestig.
Die toneel is afgesper vir verdere ondersoek, en verskeie doppies is op die pad gevind. ’n Verbygaande motoris se voertuig is ook tydens die skietery beskadig. Die omstandighede wat tot die voorval gelei het, is nog onduidelik en word deur die polisie ondersoek.





