Skietinsident eis vier lewens

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Skietinsident in Khalendulastraat in Motherwell het Dinsdag omstreeks 18:30 die lewens van drie mans en ‘n tienermeisie geëis.

Lt. kol. Siphokazi Mawisa sê volgens inligting het drie mans die huis binnegegaan en die inwoner geskiet. Tydens die skietery is drie mans, tussen 20 en 25 jaar, en ‘n 16-jarige tienermeisie dood. ‘n 24-jarige het ‘n skietwond opgedoen en is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem. Die motief vir die insident word ondersoek.

Mawisa bevestig vier sake van moord en een van poging tot moord is geregistreer en word deur die provinsiale eenheid vir ernstige en geweldsmisdaadondersoeke hanteer.

Enigiemand met relevante inligting word versoek om speur. sers. Nigel Wright by 082 921 2312 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief