Skietvoorval in Houtbaai ondersoek

Lees ook :

Foto's: SAPD

WES-KAAP. – Twee mans is dood en nog vyf tussen 22 en 43 jaar oud is beseer in ‘n skietvoorval Donderdagaand omstreeks 20:15 in OR Tambo-weg, Imizamo Yethu, Houtbaai.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring polisiebeamptes is na ‘n toneel van persone wat geskiet is, ontbied. Beamptes het vier slagoffers met skietwonde aangetref, waar hulle by die Houtbaai-brandweerstasie behandel is. Hulle het die beamptes ingelig twee persone is by die gemelde adres dood. Die beamptes het twee liggame met skietwonde op die grond aangetref. ‘n Vyfde slagoffer is intussen reeds vir behandeling hospitaal toe geneem.

Speurders van die provinsiale eenheid vir ernstige en geweldsmisdade en taxigeweld ondersoek die sake van moord en poging tot moord. Die motief moet nog vasgestel word. Sewe verdagtes, tussen 19 en 31 jaar, is in hegtenis geneem en op twee vuurwapens is beslag gelê. Die wapens sal aan ballistiese toetse onderwerp word.

Sodra die verdagtes aangekla is, sal hulle in die Wynberg-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief