IPSS Medical Rescue sê ‘n skietvoorval het op die N2 Stanger, KwaZulu-Natal, plaasgevind.
Lt.kol. Nqobile Gwala sê na bewering het ‘n besigheidsroof in KwaDukuza plaasgevind waarna die verdagtes gevlug het.
“‘n Verkeersbeampte wat aan diens was op die N2 het die voertuig wat jaag opgemerk en dit probeer stop. Die verdagtes het uit die voertuig gespring, die beampte geskiet en sy vuurwapen gesteel.”
‘n Netcare 911-helikopter het die kritiek beseerde verkeersbeampte na ‘n Vlak 1-traumafasiliteit in Pietermaritzburg gevlieg.
“Dit is tans steeds ‘n aktiewe misdaadtoneel en verkeer sal beïnvloed word.”
“Verskeie wetstoepassingsagentskappe is op die toneel om die misdaad te ondersoek.”
‘n Poging tot moord saak is geregistreer.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.





