SUEZ-KANAAL. – Vier mense is dood en drie is vermis nadat ’n olieboorskip Woensdag in die Suez-kanaal omgeslaan het.
Lees ook: Verskeie mense beseer ná vliegtuigongeluk
Die Egiptiese Rooisee se provinsiale goewerneur, Amr Hanafy, het gesê daar was 30 werkers op die skip toe dit omgeslaan het en 23 mense is gered.
Dit is onbekend wat die ongeluk veroorsaak het, maar plaaslike media het berig dat die skip omgeslaan het toe dit gesleep is.
Die voorval word ondersoek.
Bronne: DW – South Africa, Euronews, The Straits Times





