KWAZULU-NATAL. – ‘n Gr. 7-leerling (14) van Laerskool Solomon Mahlangu het vanoggend (Dinsdag) voor 08:00 gesterf toe ‘n voertuig hom in die suidelike baan van die R102, naby Cornubia, getref het.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê in ‘n sosialemediaplasing beamptes van dié diens het by die toneel opgedaag waar ‘n privaat ambulans reeds teenwoordig was. Paramedici het bevestig die seun het noodlottige wonde opgedoen. Die seun, wat kop- en borsbeserings, asook ‘n linkerknie-fraktuur opgedoen het, is op die toneel dood verklaar.
Die bestuurder van die voertuig het nie beserings opgedoen nie.





