Skoolkoshuis brand, Jesusbeeld en kruis ongeskonde

Lees ook :

Foto's: DFA en Xolani Sean-Matthews Qoma

NOORD-KAAP. – ‘n Brand het Maandagaand net voor middernag by die St Patrick’s Christian Brothers College (CBC) se koshuis in Kimberly uitgebreek. Die polisie het ‘n ondersoek geopen.

CBC sê op die skool se Facebook-blad die feit dat ‘n Jesusbeeld en houtkruis by die koshuis ongeskonde is, het diep geraak: “This evening, as I looked at the photos in the DFA, I saw something that moved me deeply: the statue of Jesus and the wooden cross still standing in the hostel dining hall, untouched by the fire that ravaged everything around it. Not a crack, not a mark – a powerful sign that God’s hand was over our pupils last night, protecting them and keeping them safe. For that, we are so incredibly grateful.”

Volgens die polisie is ’n gedeelte van die koshuis beskadig, maar geen beserings is aangemeld nie. Die plaaslike brandweer het gehelp om die brand te blus. “Die ondersoek duur voort,” het lt.kol. Sergio Kock gesê.

Die skool het ‘n sosialemediaplasing gemaak waarin hulle dank uitspreek vir die oorweldigende ondersteuning wat hulle na die brand ontvang: “Ons is werklik oorweldig deur dankbaarheid vir die ongelooflike ondersteuning wat ons tydens hierdie tyd van ons gemeenskap ontvang het. Elke bydrae, of dit groot of klein is, het ’n betekenisvolle verskil gemaak aan ons skool en koshuis. Dankie aan elke persoon wat geskenk het, gedeel het, en ons bygestaan het. Julle goedhartigheid herinner ons aan die krag en meegevoel wat ons gemeenskap bymekaar hou. Vir diegene wat steeds wil ondersteun, is die Ontwikkelingstrust se bankbesonderhede hieronder ingesluit. Enige bydrae, ongeag die bedrag, sal ons help om voort te bou en ons kinders te ondersteun. Uit die diepte van ons harte – dankie dat julle saam met ons staan.”

Die St. Patrick’s Development Trust het Maandag ‘n brief ter ondersteuning vir hulp aan Oppenheimer Huis uitgereik. Basiese benodigdhede, soos komberse, kussings, klere, badbenodigdhede en skryfbehoeftes, word vir sowat 50 leerlinge wat in die koshuis tuisgaan en deur die brand geraak is, gevra.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief