Lees ook: Twee dood na meisieleerling by skool skiet
WISCONSIN, VSA. – Die name van die onderwyser en leerling wat Maandag in ‘n skoolskietery in Wisconsin omgekom het, is bekend gemaak.
Erin West (42) en Rubi Vergara (14) is Maandagoggend dood na ‘n meisie in ‘n privaat Christenskool begin skiet het. Hulle is op die toneel dood verklaar.
Die skietverdagte, Natalie Rupnow (15) het nog ses mense Maandag geskiet voor sy haarself geskiet het. Die motief vir die skietery is onbekend. Twee mense is steeds in ‘n kritieke toestand.
‘n Man (20) van Kalifornië wat glo in kontak was met Rupnow wat na bewering ‘n regeringsgebou wou aanval, is daarvan verhoed om vuurwapens te gebruik. Die man wou glo ‘n regeringsgebou aanval en het Rupnow daarvan vertel.
Bronne: BBC, Wisconsin Public Radio, The Telegraph





