2020 is ’n skrikkeljaar wat beteken dat Februarie een dag bykry. Volgens ’n jarelange tradisies kan die vrou op skrikkeldag, 29 Februarie, haar geliefde vra om te trou.
Wat is ’n skrikkeljaar?
’n Skrikkeljaar is ’n jaar wat ’n ekstra dag bevat om die kalenderjaar te sinkroniseer met die astronomiese jaar. Seisoengebeure en astronomiese gebeure herhaal nie op ’n presiese aantal dae nie, met die gevolg dat ’n kalender met dieselfde aantal dae vir elke jaar geleidelik sal verskuif ten opsigte van die gebeurtenis waarmee dit moet ooreenstem. Deur by geleentheid ’n ekstra dag of maand in die jaar by te voeg, kan hierdie verskuiwing gekorrigeer word. ’n Jaar wat nie ’n skrikkeljaar is nie, word ’n gewone jaar genoem.
Waar kom die tradisie vandaan?
Dit is ’n Ierse tradisie wat vroue toelaat om die man te vra om te dans en ook die man te vra om te trou. Dit is glo ingestel om die tradisionele rolle van mans en vroue op ’n soortgelyke manier te balanseer met die balans van die kalender.
Volgens ander legendes het St. Brigid ’n ooreenkoms met St. Patrick aangegaan om vrouens toe te laat om mans elke vier jaar te vra om te trou. Ander tradisies laat die vrou toe om die man reg deur die skrikkeljaar te vra om met haar te trou en nie net op skrikkeldag nie.
Trouplanne
Deesdae is dit nie meer snaaks vir die vrou om die man te vra om te trou nie, alhoewel dit min gebeur. Daar is talle vrouens wat hulle mans met skrikkeljaar vra om te trou.
Indien jy enige planne het om jou kêrel hierdie skrikkeljaar te vra om met jou te trou, stuur ‘n e-pos na tania@find-it.co.za