Skrywer in hegtenis geneem oor boek met materiaal oor kindermishandeling

Lees ook :

Skrywer in hegtenis geneem oor boek met materiaal oor kindermishandeling fotokrediet: X

AUSTRALIЁ. – ’n Australiese skrywer is in hegtenis geneem op aanklagtes dat sy materiaal oor kindermishandeling vervaardig, besit en versprei het oor ’n boek met die titel Daddy’s Little Toy wat sy geskryf het.

Lees ook: Neil Gaiman ontken bewerings van seksuele aanranding

Lauren Tesolin-Mastrosa, wat die skuilnaam Tori Woods gebruik, is in hegtenis geneem na sy ’n boek geskryf het oor ’n 18-jarige meisie wat ’n verhouding het met haar pa se vriend. In haar boek begeer die pa se vriend die meisie vandat sy drie jaar oud was.

Tesolin-Mastrosa is op sosiale media gepak en van die bevordering van pedofilie beskuldig. Verskeie mense het ‘n klag by die polisie oor haar boek gelê en sy is ná ’n ondersoek in hegtenis geneem.

Die polisie het beslag gelê op gedrukte kopieë van haar boek in haar die huis om forensies ondersoek te word. GoodReads en Amazon het die boek uit hulle katalogusse verwyder.

Tesolin-Mastrosa het intussen haar sosialemediarekeninge gesluit. Sy sal op 31 Maart in die hof in Blacktown verskyn.

Bronne: PEOPLE, The Independent, The Celeb Post

Lees ook: Neil Gaiman ontken bewerings van seksuele aanranding

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief