Lees ook: Harvey Weinstein weer in hospitaal
Die Engelse skrywer, bekend vir Good Omens, Neil Gaiman, het bewerings van seksuele aanranding en verkragting in ‘n onderhoud met die New York Magazine ontken.
Sowat vyf vrouens het Gaiman (64) van seksuele aanranding en verkragting beskuldig. Hy het in die onderhoud gesê hy het gevoel hy moet nou iets sê ná stories oor sy beweerde seksuele wangedrag op sosiale media bekend geraak het.
Gaiman het gesê hy het nooit nie-konsensuele seksuele omgang met enigiemand gehad nie en dat van die bewerings nooit gebeur het nie en sommige bewerings is verander totdat dit nie meer die realiteit pas nie.
Verskeie projekte waarby Gaiman betrokke was, is gekanselleer na die bewerings gemaak is. Een van die vrouens wat hom beskuldig van verkragting is sy seun se voormalige oppasser. Sy het beweer Gaiman het haar verskeie kere aangerand en soms selfs terwyl sy seun in die vertrek was. Sy het in 2023 ’n saak by die polisie teen Gaiman gemaak.
Bronne: Pedestrian, Daily Mail, The Straits Times
Lees ook: ‘P Diddy’ Combs in hegtenis geneem