Slaghuis weens ‘gesondheidsrisiko’ gesluit

Lees ook :

Foto's: EMPD

GAUTENG. – ’n Slaghuis in die Thembisa-omgewing is Woensdag om 10:30 deur metropolisie en die departement van gesondheid en maatskaplike ontwikkeling gesluit, omdat gesondheidsregulasies glo nie nagekom is nie.

Die Ekurhuleni Metropolisiedepartement (EMPD) sê in ‘n plasing die onderneming is na aanleiding van ’n klag dat die eienaar in ’n onhigiëniese omgewing werk, besoek. Volgens die owerhede is ‘n onnet omgewing met vleis buite op die grond en bloed oral tydens hulle besoek op die perseel in die Enjonalanga-afdeling gevind.

Die eienaar het nie oor die nodige dokumente beskik om die onderneming wettig te bedryf nie. Hy is gewaarsku en beveel om die onderneming te sluit.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief