Slagoffer op plaas vermoor, beskuldigde 10 jaar gevonnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – Dawid Brummer (29) is op 10 Februarie 2024, omstreeks 19:20, met steekwonde op ‘n plaas buite Victoria-Wes aangetref. Danster Jansen (38) is vir die moord gevonnis.

Sers. Molefi Shemane sê die polisie is na ‘n moordtoneel op die plaas uitgeroep, waar Brummer se liggaam aangetref is. Jansen is in hegtenis geneem en borg geweier.

Op 29 Augustus is Jansen deur die Victoria-Wes-streekhof skuldig bevind en tot 10 jaar tronkstraf gevonnis.

“Die harde werk en deursettingsvermoë deur speursers. Basil Abrahams van die Victoria-Wes-speureenheid het die moordvonnis van Danster Jansen (38) verseker.”

Shemane sê kontakmisdaad bly vir die polisie ‘n prioriteit en speurders sal daaraan werk om stewige vonnisse te verseker.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief