Slagoffer sterf aan steekwond – man gee homself oor

Lees ook :

Photo: Canva

‘n Moorddossier is Sondag 2 Julie 2023 deur Zamdela-polisie in die Vrystaat geregistreer nadat die dood van ‘n man (18) deur verpleegpersoneel van Fezi Ngubentombi-hospitaal aan hulle gerapporteer is.

Sers. Mahlomola Kareli sê lede het met aankoms by die hospitaal die oorledene met ‘n steekwond in sy bors in ‘n hospitaalbed aangetref.

Hy was met aankoms dood verklaar, waarna ‘n klagte van moord geregistreer is.

Die slagoffer was na bewering in ‘n geveg in ‘n taverne in Walter Sisulu betrokke, waar hy met ‘n mes gesteek is.

‘n Soektog na die beweerde beskuldigde deur Fezile Dabi-dstrik se taakspan is geloods, maar die verdagte het, nadat hy gehoor het die polisie is na hom op soek, homself omstreeks 16:30 by Zamdela-polisie oorgegee.

Die verdagte sal na verwagting Woensdag 6 Julie op ‘n aanklag van moord in die hof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief