Slagoffer sterf vermoedelik in kruisvuur tussen polisie, verdagtes

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Die liggaam van ‘n man met ‘n skietwond is Woensdagoggend vroeg in die Zamimpilo informele nedersetting gekry. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord. Die slagoffer is vermoedelik Dinsdag in kruisvuur tydens ‘n skietgeveg tussen die polisie en verdagtes dood.

Lt.kol. Mavela Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder, sê volgens inligting het polisiebeamptes ‘n roetinepatrollie gery toe hulle op ‘n Toyota-bakkie met drie insittendes afgekom wat verdag voorgekom het. Die polisie het probeer om die voertuig te stop, maar die bestuurder het weggery. Hy sê die verdagte voertuig is agtervolg, waarna op die polisie geskiet is. Die polisie het teruggeskiet. Geen beserings is in daardie stadium gerapporteer nie.

Die polisie soek steeds na die verdagtes. Die ondersoek na die moord duur voort.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief