Brekende Nuus
Afrikaans

Slagoffers van Boeing-ongelukke se familie eis groot boete

Slagoffers van Boeing-ongelukke se familie eis groot boete 
fotokrediet: Canva
Slagoffers van Boeing-ongelukke se familie eis groot boete fotokrediet: Canva

Lees ook: Boeing voer noodstop uit tydens opstyg

VSA. – Die families van die slagoffers van twee Boeing 737 Max-vliegtuigongelukke het gevra Boeing moet verhoor word en ‘n boete van R450 mjd. betaal.

Altesaam 346 persone is in twee vliegtuigongelukke in 2018 en 2019 dood.

Boeing se uitvoerende hoof, Dave Calhoun, het vir die families om verskoning gevra en het voor die Amerikaanse Kongres verskyn. Hy het erken Boeing het foute gemaak en aksie teen fluitjieblasers geneem. Calhoun het gesê Boeing het “geleer” uit hulle foute en hulle “luister” nou na die fluitjieblasers.

Die departement van justisie oorweeg kriminele aanklagtes teen Boeing in verband met die ongelukke.

Bronne: BBC, Sky News, The National

Lees ook: Boeing voer noodstop uit tydens opstyg