KWAZULU-NATAL. – Hulp is Sondagmiddag gevra om ‘n bos sleutels wat deur ‘n blouaap in Brindhaven gesteel is, op te spoor. Die sleutels is intussen by die eiendom se heining gekry.
Reaction Unit South Africa sê luidens ‘n verklaring die aap het deur ‘n venster van die huis geklim en met ‘n bos sleutels laat spaander. Nie net was ‘n motorsleutel aan die bos nie, maar ook huissleutels en ‘n afstandbeheerder.





