KWAZULU-NATAL. – Drie gewapende mans het Dinsdagmiddag ’n snoepwinkel op ’n skoolterrein in Trenance Park beroof, waartydens twee skote geskiet is.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die verdagtes het twee werknemers met pistole gedreig en hulle van twee selfone en ’n onbekende bedrag kontant beroof. Alhoewel skote geskiet is, is niemand beseer nie. Twee 9 mm-doppies is op die toneel gevind. Die verdagtes het daarna in ’n wit Toyota Tazz in die rigting van Inanda gevlug.
Rusa sê die polisie ondersoek die voorval.




