Die Suid-Afrikaanse weerdiens het hulle weervoorspelling vir die Paasnaweek bekendgemaak.
Môre kan alle kusgebiede van die land koeler weer verwag. Areas rondom Durban en Richardsbaai het die moontlikheid van verspreide donderbuie.
Saterdag sal die Noord en Wes-Kaap warm toestand beleef. Wydverspreide donderbuie sal oor Gauteng, Mpumalanga en die noordelike dele van KZN voorkom.
Baie hoë temperature word Sondag vir die suidkus vanaf George tot by Oos-Londen voorspel. Wydverspreide buie sal oor die binneland uitsak, alhoewel dit warm sal wees.



Bron: SAWS





