Só lyk SA-span vir Olimpiese Spele sover

Lees ook :

Só lyk SA-span vir Olimpiese Spele sover. Foto: SASCOC

Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese komitee (Saskok) het die eerste groep deelnemers bekendgemaak wat SA by die Olimpiese Spele in Parys, Frankryk, gaan verteenwoordig.

Nog twee groepe deelnemers sal bekendgemaak word. Die eerste groep bestaan uit atlete, swemmers, ’n stoeier,  branderryers, roeiers, rotsklimmers en gimnaste.

Die tweede en derde groepe sal bekendgemaak word sodra die deelnemers se kwalifikasietye bevestig is.

Gerda Steyn, wat onlangs die Two Oceans-marathon gewen het, is ook by die span ingesluit. Sy hoop om haar tyd van die vorige Olimpiese Spele in Tokio te verbeter.

Die span is as volg:

Foto: Super Sport

Bronne: Super Sport, Saskok

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief